top of page


Voltooiing: Maart, 2001
Afmetings: 395mm (wydte) X 415mm (lengte) X 170mm (hoogte)
Geteken: Beide werke is op die bodem geteken, gedateer en genommer.


Materiaal en vervaardiging: Die sykante van die houtgedeeltes is van rooshout uit Afrika, die bokant van imbuia en die beweegbare houtblokkies van hardekool. Die boonste blad is gepoleerde glas waarop die klassieke name van die vier winde gesandspuit is. Die glasblad is aan die houtblad vas met agt boute. Die boute is in aluminiumpypies geanker om die glasblad stewig en eweredig gelyk bo die houtblad te hou. Rubberwassers keer dat die glas nie breek waar dit met staal in kontak kom nie. Die glasblad en boute kan verwyder word deur die bodem van die werk te verwyder. Aan die binnekant van die werk is is 'n katrolstelsel van vislyn wat in ingedraaide ogies rondgly. Verstellings en herstelwerk aan die katrolstelsel kan ook gedoen word deur die bodem van die werk los te draai. Die bodem is aan die een kant gemerk in ooreenstemming met een van die sykante sodat die bodem altyd op dieselfde plek teruggeplaas kan word. Die bodem is van geparste veselhout en is met velt bedek sodat dit nie die oppervlakte waarop dit staan sal krap nie.


Bewegende dele: Aan die kant van die werk is 'n skuifblokkie wat die vier boonste blokkies gelyktydig beweeg. Ideaal gesproke moet die blokkie stadig heen en weer beweeg word terwyl die gelyktydige beweging aan die bokant peinsend waargeneem word. Die kantblokkie beweeg die vier boonste blokkies redelik maklik maar 'n hardhandige of aanhoudende gepluk sal die leeftyd van die werk verkort. Die vier beweegbare blokkies aan die bokant moet nie onafhanklik beweeg word nie en die glasblad oor die werk keer dan ook dat hulle nie per ongeluk beweeg of gestamp kan word nie, of dat iemand nie dalk per ongeluk 'n nat glas of iets dergeliks op die houtblad neersit nie.

Kante van die Wind

© 2023 Site Design and Maintenance by Laark Studio. WILLEM BOSHOFF ARTIST

bottom of page